Skut van die Jaar

Published on 12 April 2017

Skut van die Jaar

SAJWV Hoofkantoor het op die Lede-Admin stelsel die vermoë vir die takke geskep om skiet tellings op die stelsel vas te kan lê en dan verskillende kompetisies op te stel. Deur die kompetisie rangordes op die stelsel beskikbaar te hê is daar deursigtigheid in die proses en enige skut kan deur die loop van die jaar voortdurend monitor wat hulle posisies is en wat hulle vordering is.

Lede Admin stelsel: https://secure.sahunters.co.za/

Skiet Toekennings
Baviaanspoort tak se skiet toekennings word uitgebrei na drie, naamlik: Skut van die jaar (Top 20), Beste Skut – Langer Bane (Goud, Silwer en Brons) en Beste Skut – Korter Bane (Goud, Silwer en Brons)

Die kriteria vir die bepaling van die rangordes is dan as volg:

Skut van die jaar:
2 tabelle (Bosveld en Springbok) met 6 tellings per tabel
                               En
6 van die ander 8 tabelle met 3 tellings per tabel.
(Rooibok sonder rus, Vlakvark, Swartwildebees, Jakkals, Groot kaliber, Haelgeweer: Fisant, Jaghandwapen en Senterslag)

Beste Skut – Langer Bane:
3 Tabelle (Springbok, Swartwildebees en Jakkals) met 3 tellings per tabel

Beste Skut - Korter Bane:
3 Tabelle (Bosveld, Rooibok sonder rus en Vlakvark) met 3 tellings per tabel


Op die Lede-admin stelsel word twee kompetisies gesien, naamlik SVJ Bosveld en SVJ ander 8. Hierdie twee tellings sal op die einde van die jaar gekombineer word vir die finale bepaling van skut van die jaar. Deur meer tabelle te laat tel word die veelsydigheid van die skut meer op die proef gestel en deur meer tellings per tabel te laat tel word deelname by die skietdae aangemoedig.


Kies van Skietspanne
Die kies van Skietspanne is die verantwoordelikheid van die Hoof Skietkoordineerder en die Tak Voorsitter. Die stelsel gee ook die nodige data om die kies van spanne te vergemaklik en ook deursigtig te maak. Die Hoof Skietkoordineerder kan egter geringe veranderinge aan die spanne aanbring soos omstandighede, soos ervaring, leierskap, beskikbaarheid en vorm, dit dikteer.
Prestasie op Bosveld en Vlakte tabelle asook vorige Streekskiet prestasie word as kriteria gebruik. Om te kwalifiseer vir een van die spanne vir die Nasionale Spanskiet moes ‘n skut aan ten minste drie normale takskiet aktiwiteite asook drie streekskiet kompetisies deelgeneem het.

Ondersteun Ons Borge

       

Search

We have 328 guests and no members online