Skut van die Jaar Kompetisie
Skut van die Jaar
Vorige Wenners:
2023 | ??? |
2022 | Jan Taljaard |
2021 | Covid |
2020 | Covid |
2019 | Philip Marais |
2018 | Darryl van Smaalen |
2017 | Danie Pienaar |
2016 | Jan Taljaard |
2015 | Jan Taljaard |
2014 | Jan Taljaard |
2013 | Jan Taljaard |
Skut van die Jaar Kompetisie
SAJWV Hoofkantoor het op die Lede-Admin stelsel die vermoë vir die takke geskep om skiet tellings op die stelsel vas te kan lê en dan verskillende kompetisies op te stel. Deur die kompetisie rangordes op die stelsel beskikbaar te hê is daar deursigtigheid in die proses en enige skut kan deur die loop van die jaar voortdurend monitor wat hulle posisies is en wat hulle vordering is.
Lede-Admin stelsel: https://secure.sahunters.co.za/
Skut van die jaar:
Ons skiet tans die volgende tabelle:- Bosveld, Vlakte, Vlakvark, Jakkals, Groot kaliber, Jaghandwapen en Senterslag. Die skut se 5 beste tabelle (genormaliseer) met 3 tellings per tabel word gebruik om die rangorde te bereken.
Kies van Skietspanne
Die kies van Skietspanne is die verantwoordelikheid van die Hoof Skietkoordineerder en die Tak Voorsitter. Die stelsel gee ook die nodige data om die kies van spanne te vergemaklik en ook deursigtig te maak. Die Hoof Skietkoordineerder kan egter geringe veranderinge aan die spanne aanbring soos omstandighede, soos ervaring, leierskap, beskikbaarheid en vorm, dit dikteer.
Prestasie op Bosveld en Vlakte tabelle asook vorige Streekskiet prestasie word as kriteria gebruik.