• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters Nasionale Webwerf


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Lede Administrasie

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Jagbestemmings

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Baviaanspoort Tak

In 1997 het 'n paar jagters bymekaar gekom met dieselfde behoefte - om hulle onderskeie jagwapens op 'n skietbaan te toets. Geen fasiliteite was op daardie stadium beskikbaar nie en as alternatief het hulle by die Baviaanspoort Bisley Skiet klub aangesluit. 'n Spesiale F-klas is deur Bisley bygevoeg om in die skietbehoeftes van hierdie jagters te voldoen.
Tien jagters - onder die leierskap van Francois van der Merwe het weggebreek van die Baviaanspoort Bisley Skiet Klub en aangesluit by die SA Jagters en Wildbewarings Vereniging (SAJWV). Die naam Baviaanspoort het behoue gebly en ons tak is gebore in Augustus 1997 met Francois van der Merwe as die eerste takvoorsitter.
Gedurende die laaste aantal jare het die Baviaanspoort tak noemenswaardig gegroei en is tans die tweede grootste tak in die SAJWV met ongeveer 2 800 geregistreerde lede.
Junior Opleidingskampe, Toegewyde Jagters- en Sportskutkursusse word op 'n deurlopende grondslag aangebied en is baie gewild. Die volgende kursusse word ook volgens behoeftes aangebied: Spoorsny-, Herlaai- en Baanoffisierskursusse.
Maandelikse Takskiette word goed bygewoon en die tak het al verkeie skietkompitisies aangebied waaronder die Presidentskiet van die SAJWV. Baviaanspoortlede presteer gewoonlik baie goed op georganiseerde skietkompitisies en is hoogs kompeterend met die ander takke se skuts.
Baviaanspoort Tak Oud Voorsitters:
  • Francois van der Merwe - 1997 tot 1998
  • Natie van Rensburg -1998 tot 1999
  • Loy de Jager - 1999 tot 2003
  • Hennie du Toit -2003 tot 2005
  • Thys Fourie -2005 tot 2007
  • Gerrit Jordaan -2007 tot 2009
  • Phillip Smit - 2009 tot 2012
  • Carl Hager - 2012 tot 2015
  • Hansie Lerm - Huidig

Kalendar

No events

Tak Nuus

Lede-aande
Lede-aande vind plaas om 19:00 op die 2de Woensdag van elke maand, te Inyathi Park Lapa. Bring asseblief eie vleis, stoele, eetgerei en drinkgoed saam. Pap, sous,slaai en vure word voorsien. Kom kuier lekker saam met ander mense wat dieselfde belangstelling as jy deel.

Senior Opleiding
Die Toegewyde kursus vind plaas in Februarie, Maart, September en Oktober. Datums van kursusse sal op die kalender geplaas word. Kontak vir Schalk vir inligting oor kursusse en ander navrae aangaande senior opleiding.   wbkrsm@gmail.com

Junior Opleiding
Die Junior kamp vind plaas die eerste naweke van Maart en September. Datums van kursusse sal op die kalender geplaas word. Kontak vir Danie Nieuwoudt vir inligting oor die kamp en ander navrae aangaande junior opleiding.   danienwdt@gmail.com

Skietaangeleenthede
Takskiet vind elke 3de Saterdag van die maand plaas op Generaal Piet Joubert skietbaan, Hammanskraal. Aanwysings is elders op die web blad beskikbaar. Besoekers is baie welkom. Bring eie verversings en let asseblief daarop dat geen alkohol op die skietbaan toegelaat word nie.  Skietbalkies kan by die skietbaan bestel word.

Bewaring
Die tak is voortdurend op soek na nuwe geleenthede waarin ons, ons passie vir wild en die natuur kan uitlewe in die vorm van bewaringsprojekte of ondersteuning aan bewaringsinstansies.

Takhemde
Die nuwe Takhemde kan by die sekretaresse bestel word en kan by die lede-aande gekry word of reëlings kan met haar getref word om dit af te haal. Die koste van die hemde is R310 elk.

Skietbaan Reëls & Standaard Bevele

(BYLAAG 1.2 A)

  1. Die Baanoffisier het die finale gesag op die skietbaan en het die reg om teen onveilige en ongehoorsame deelnemers op te tree.
  2. Opdragte van die Baanoffisier moet onvoorwaardelik en onmiddellik uitgevoer word.
  3. Deelnemers is onderhewig aan die betrokke skietbaan se reëls en moet die Baanregister en die Vrywaringsvorm teken.
  4. Geen persoon onder die invloed van alkohol of narkotiese middels mag die skietbaan betree nie.
  5. Geen alkohol mag tydens die skietoefening op die skietbaan gebruik word nie.
  6. Vuurwapens moet ongelaai op die skietbaanterrein arriveer in ‘n doelgemaakte sak of tas.
  7. Vuurwapens mag net uit ’n sak of tas gehaal word in direkte opdrag van die Baanoffisier op die skietpunt en die lope  moet dan te alle tye in ‘n veilige rigting gerig wees.
  8. Vuurwapens mag nie op die skietpunt hanteer word terwyl enige persoon voor die skietpunt is nie.
  9. Deelnemers wat ‘n handwapen aan hulle liggaam dra moet dit aan die Baanoffisier of -beampte verklaar, onder toesig veilig maak op die skietpunt en weer terugplaas in die holster aan sy liggaam. Die handwapen mag slegs weer gelaai word na die skut die skietbaan verlaat het en op pad uit die skietbaanterrein is.
  10. Veilig verklaarde vuurwapens moet in sakke of tasse wees tydens beweging tussen skietpunte.
  11. Gehoor- en oogbeskerming is verpligtend.
  12. Toeskouers en wagtende deelnemers moet ten minste 10m agter die skietpunt wees, of buite die sigveld van die Baanoffisier. Voorts moet hulle gehoorbeskerming dra en stil wees terwyl geskiet word.

(BYLAAG 1.2B)

Geen skuts of toerusting op die skietpunt alvorens die Baanoffisier die opdrag gee:

  1. “Skuts na die skietpunt. Vuurwapens bly in sakke of tasse tot verdere bevele”.
  2.  “Die baan is gesluit (toe)”.
  3. Die Baanoffisier of -beampte besoek elke skut individueel en beveel: “Haal uit, verklaar en wys veilig”.
  4. Baanoffisier verduidelik skietoefening/inskietoefening en allokeer ‘n teiken aan elke skut op die skietpunt.
  5. “Neem skietposisie in en verstel visiere/teleskope”
  6. “Oog- en oorbeskerming”
  7. “Laai en maak gereed” (laai magasyn/ kamer van enkelskoot vuurwapens en grendel bly oop)
  8. “Is almal gereed?” – skuts wat nie gereed is nie moet aanduiding gee.
  9. “Die aflossing is nog nie gereed nie” – indien so aangedui.
  10. “Almal is gereed – sluit grendel en staan by” – met die snellervinger langs die snellerbeuel
  11. “Blaas fluitjie” of gee bevel “vuur” (tydens inskietoefening mag skut vuurwapens omruil binne tyd van oefening)
  12. Na verloop van voorgeskrewe tyd: Blaas fluitjie of gee bevel “stop”
  13. “Ontlaai, maak veilig” - Na die proses van ontlaai en veilig maak, mag die skut die vuurwapen neersit met die loop in ‘n veilige rigting gerig, maar hy moet by sy geweer bly en wag vir sy inspeksie
  14. In gevalle waar slegs van skietposisie op dieselfde afstand verander word, word bevele vanaf punt 4 herhaal.
  15. Voordat na ‘n volgende skietpunt beweeg word, beweeg Baanoffisier of -beampte na elke skut en beveel: “wys veilig” en daarna “pak weg” – vuurwapen word met rooi veiligheidsvlaggie in posisie of grendel verwyder of oop of toe aksie met die slagpen ontspan in sak of tas gebêre.
  16. Na alle vuurwapens geïnspekteer is verklaar Baanoffisier: “Die baan is veilig, tel doppies op en beweeg na volgende skietpunt”
  17. Op opvolgende skietpunte van dieselfde skietoefening word die bevele vanaf punt 4 herhaal.
  18. Na afloop van skietoefening moet vuurwapens veilig in sakke / tasse geplaas word, voordat tellings geneem of terug na die aanvanklike skietpunt geloop word.

 

Notas:

  1. In geval van noodtoestand – “STAAKVUUR, STAAKVUUR!” of met lang fluitjie blaas
  2. Baanoffisier mag oorblywende tydsintervalle uitroep indien versoek word

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Vir die interim vind ons takskiet geleenthede die eerste Saterdag van die maand by die NECSA skietbaan plaas. Kontak ons Read More
  • Ledevergaderings

    Normaalweg: Lede-aande vind plaas om 19:00 op die 2de Woensdag van elke maand, te Inyathipark Lapa. (Sien kalender vir datums) Read More
  • Opleiding

    Alle opleiding in die tak word deur die Opleidingsbeamptes aangebied, en datums en tye word op die jaarprogram aangedui. Vir Read More
  • Jagsake

    Die jagmeester (Rodney Hall) hou 'n Jagregister by. Die registers is by die lede-aande beskikbaar en ons versoek dat u Read More
  • 1

We have 325 guests and no members online