Tak Nuus
Lede-aande
Lede-aande vind plaas om 19:00 op die 2de Woensdag van elke maand, te Inyathi Park Lapa. Bring asseblief eie vleis, stoele, eetgerei en drinkgoed saam. Pap, sous,slaai en vure word voorsien. Kom kuier lekker saam met ander mense wat dieselfde belangstelling as jy deel.
Senior Opleiding
Die Toegewyde kursus vind plaas in Februarie, Maart, September en Oktober. Datums van kursusse sal op die kalender geplaas word. Kontak vir Schalk vir inligting oor kursusse en ander navrae aangaande senior opleiding. wbkrsm@gmail.com
Junior Opleiding
Die Junior kamp vind plaas die eerste naweke van Maart en September. Datums van kursusse sal op die kalender geplaas word. Kontak vir Danie Nieuwoudt vir inligting oor die kamp en ander navrae aangaande junior opleiding. danienwdt@gmail.com
Skietaangeleenthede
Takskiet vind elke 3de Saterdag van die maand plaas op Generaal Piet Joubert skietbaan, Hammanskraal. Aanwysings is elders op die web blad beskikbaar. Besoekers is baie welkom. Bring eie verversings en let asseblief daarop dat geen alkohol op die skietbaan toegelaat word nie. Skietbalkies kan by die skietbaan bestel word.
Bewaring
Die tak is voortdurend op soek na nuwe geleenthede waarin ons, ons passie vir wild en die natuur kan uitlewe in die vorm van bewaringsprojekte of ondersteuning aan bewaringsinstansies.
Takhemde
Die nuwe Takhemde kan by die sekretaresse bestel word en kan by die lede-aande gekry word of reëlings kan met haar getref word om dit af te haal. Die koste van die hemde is R310 elk.