Taknuus

Published on 08 March 2017

Jaareindfunksie en 20ste Verjaardag Viering

Die tak Baviaanspoort is hierdie jaar 20 jaar oud. Die Jaareindfunksie en die verjaardag partytjie word gekombineer en ons wil sommer die hele dag lekker saam kuier op 25 November 2017. Ons beplan om reeds vanaf 12:00 met Boeresport en Pretskiet te begin. Stalletjies, musiek en springkasteel word die heel dag verskaf. Die Baviaanspoort Meriete toekennings begin vanaf 17:00 waarna ons gaan braai en verder kuier.

Kaartjies van R100 per persoon is beskikbaar by komiteelede. Voorskoolse kinders is gratis. Vir die R100 ontvang jy braaipakkie, pap, sous, slaai sowel as ‘n 20 Jaar gedenkbeker. (Sien brosjure onder foto's)

Lede-aande
Lede-aande vind plaas om 19:00 op die 2de Woensdag van elke maand, te Inyathi Park Lapa. Bring asseblief eie vleis, stoele, eetgerei en drinkgoed saam. Pap, sous,slaai en vure word voorsien. Kom kuier lekker saam met ander mense wat dieselfde belangstelling as jy deel.

Senior Opleiding
Die volgende Toegewyde kursus vind plaas 6 & 7 Oktober 2017. Kontak vir Schalk vir inligting oor kursusse en ander navrae aangaande senior opleiding. This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Skietaangeleenthede
Takskiet vind elke 3de Saterdag van die maand plaas op Generaal Piet Joubert skietbaan, Hammanskraal. Besoekers is baie welkom. Bring eie verversings en let asseblief daarop dat geen alkohol op die skietbaan toegelaat word nie. Skietbalkies kan by Roelandi by die skietbaan bestel word.

Kontak vir Thys vir meer besonderhede.

Bewaring
Die tak is voortdurend op soek na nuwe geleenthede waarin ons, ons passie vir wild en die natuur kan uitlewe in die vorm van bewaringsprojekte of ondersteuning aan bewaringsinstansies.
Takhemde

Die nuwe Takhemde kan by Roelandi bestel word en kan by die lede-aande gekry word of reëlings kan met haar getref word om dit af te haal. Die koste van die hemde is R310 elk.

Ondersteun Ons Borge

       

Search

We have 118 guests and no members online