Tak Skietaktiwiteite
Vir die interim vind ons takskiet geleenthede die eerste Saterdag van die maand by die NECSA skietbaan plaas. Kontak ons skietkoordineerder, Philip Marais (083 277 8772) vir meer besonderhede.
Normaalweg:
Takskiet vind elke derde Saterdag van die maand plaas op Generaal Piet Joubert skietbaan, Hammanskraal. Besoekers is baie welkom!
Ons begin 7:00 met opening waarna ons inskiet en dan die tabelle vir die dag begin skiet. Bring eie verversings en let asseblief daarop dat geen alkohol op die skietbaan toegelaat word nie.
Skietbalkies kan by die skietbaan bestel word.
Aanwysings na Piet Joubert skietbaan
Skiettabelle skedule
Maande: 1, 3, 5, 7, 9 & 11
Vlakte, Rooijakkals, Bosveld, Rooibok sonder rus, Big Bore en Jaghandwapen
Maande: 2, 4, 6, 8 & 10
Vlakte, Swartwildebees, Bosveld, Vlakvark & .22 Randslag
Lees ook:
Skut van die Jaar Kompetisie
Skietbaan Reëls & Standaard Bevele