Aanwysings
Genl Piet Joubert Skietbaan
Koördinate: 25°26'40.5"S 28°23'40.0"E
Pietersburgsnelweg A
- Neem Zambezi-afrit (OOS)
- 2de verkeerslig (± 1 km) draai links (NOORD) in Molotopad.
- Ongeveer 24km verder neem Hammanskraal-afrit (draai links / WES) - daar is 'n TOTAL vulstasie / plaaswinkel aan die regterkant van die pad. Volg die grondpad vir ongeveer 12 km - skietbaan is aan jou linkerkant - volg aanwysings.
Pietersburgsnelweg B
- Neem Zambezi-afrit (OOS)
- 2de verkeerslig (± 1 km) draai links (NOORD) in Molotopad.
- Ongeveer 18km verder, 'n kilometer of twee na die SAPD Hondeskool, is die Walmansdal-afrit na links, neem die afrit, dis vir ongeveer 2 kilometer 'n teerpad en word dan 'n grondpad.
- Ry tot by T-aansluiting, draai regs tot by volgende T-aansluiting draai links, die baan is onmiddelik aan die linkerkant.
Pietersburgsnelweg C (Tolhek)
- Neem Boekenhoutskloof / Hammanskraal-afrit - oor snelweg in 'n Oostelike rigting op grondpad vir ongeveer 12 km. Skietbaan is aan jou regterkant - volg aanwysings.
Inyathipark Lapa
Koördinate: 25°41'15.5"S 28°18'16.1"E