• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters Nasionale Webwerf


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Lede Administrasie

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Jagbestemmings

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Baviaanspoort Tak

In 1997 het 'n paar jagters bymekaar gekom met dieselfde behoefte - om hulle onderskeie jagwapens op 'n skietbaan te toets. Geen fasiliteite was op daardie stadium beskikbaar nie en as alternatief het hulle by die Baviaanspoort Bisley Skiet klub aangesluit. 'n Spesiale F-klas is deur Bisley bygevoeg om in die skietbehoeftes van hierdie jagters te voldoen.
Tien jagters - onder die leierskap van Francois van der Merwe het weggebreek van die Baviaanspoort Bisley Skiet Klub en aangesluit by die SA Jagters en Wildbewarings Vereniging (SAJWV). Die naam Baviaanspoort het behoue gebly en ons tak is gebore in Augustus 1997 met Francois van der Merwe as die eerste takvoorsitter.
Gedurende die laaste aantal jare het die Baviaanspoort tak noemenswaardig gegroei en is tans die tweede grootste tak in die SAJWV met ongeveer 2 800 geregistreerde lede.
Junior Opleidingskampe, Toegewyde Jagters- en Sportskutkursusse word op 'n deurlopende grondslag aangebied en is baie gewild. Die volgende kursusse word ook volgens behoeftes aangebied: Spoorsny-, Herlaai- en Baanoffisierskursusse.
Maandelikse Takskiette word goed bygewoon en die tak het al verkeie skietkompitisies aangebied waaronder die Presidentskiet van die SAJWV. Baviaanspoortlede presteer gewoonlik baie goed op georganiseerde skietkompitisies en is hoogs kompeterend met die ander takke se skuts.
Baviaanspoort Tak Oud Voorsitters:
  • Francois van der Merwe - 1997 tot 1998
  • Natie van Rensburg -1998 tot 1999
  • Loy de Jager - 1999 tot 2003
  • Hennie du Toit -2003 tot 2005
  • Thys Fourie -2005 tot 2007
  • Gerrit Jordaan -2007 tot 2009
  • Phillip Smit - 2009 tot 2012
  • Carl Hager - 2012 tot 2015
  • Hansie Lerm - Huidig

Kalendar

17 Dec 2018
VAKANSIEDAG
25 Dec 2018
VAKANSIEDAG
26 Dec 2018
VAKANSIEDAG
01 Jan 2019
VAKANSIEDAG
07 Jan 2019
06:00PM - 09:00PM
Komiteevergadering
09 Jan 2019
07:00PM - 10:00PM
Lede aand
19 Jan 2019
07:00AM - 03:00PM
Skietdag
26 Jan 2019
07:00AM - 03:00PM
Gauteng-noord Streekskiet (Baviaans)
08 Feb 2019
02:00PM - 03:00PM
Toegewyde Opleiding
08 Feb 2019
02:00PM - 03:00PM
Toegewyde Opleiding

Tak Nuus

Lede-aande
Lede-aande vind plaas om 19:00 op die 2de Woensdag van elke maand, te Inyathi Park Lapa. Bring asseblief eie vleis, stoele, eetgerei en drinkgoed saam. Pap, sous,slaai en vure word voorsien. Kom kuier lekker saam met ander mense wat dieselfde belangstelling as jy deel.

Senior Opleiding
Die Toegewyde kursus vind plaas in Februarie, Maart, September en Oktober. Datums van kursusse sal op die kalender geplaas word. Kontak vir Schalk vir inligting oor kursusse en ander navrae aangaande senior opleiding.   wbkrsm@gmail.com

Junior Opleiding
Die Junior kamp vind plaas die eerste naweke van Maart en September. Datums van kursusse sal op die kalender geplaas word. Kontak vir Danie Nieuwoudt vir inligting oor die kamp en ander navrae aangaande junior opleiding.   danienwdt@gmail.com

Skietaangeleenthede
Takskiet vind elke 3de Saterdag van die maand plaas op Generaal Piet Joubert skietbaan, Hammanskraal. Aanwysings is elders op die web blad beskikbaar. Besoekers is baie welkom. Bring eie verversings en let asseblief daarop dat geen alkohol op die skietbaan toegelaat word nie.  Skietbalkies kan by die skietbaan bestel word.

Bewaring
Die tak is voortdurend op soek na nuwe geleenthede waarin ons, ons passie vir wild en die natuur kan uitlewe in die vorm van bewaringsprojekte of ondersteuning aan bewaringsinstansies.

Takhemde
Die nuwe Takhemde kan by die sekretaresse bestel word en kan by die lede-aande gekry word of reëlings kan met haar getref word om dit af te haal. Die koste van die hemde is R310 elk.

Skut van die Jaar Kompetisie

 

Skut van die Jaar 2018 - Darryl van Smaalen

Vorige Wenners:

2017 - Danie Pienaar

2016 - Danie Pienaar
2015 - Jan Taljaard
2014 - Jan Taljaard
2013 - Jan Taljaard

Skut van die Jaar Kompetisie
SAJWV Hoofkantoor het op die Lede-Admin stelsel die vermoë vir die takke geskep om skiet tellings op die stelsel vas te kan lê en dan verskillende kompetisies op te stel. Deur die kompetisie rangordes op die stelsel beskikbaar te hê is daar deursigtigheid in die proses en enige skut kan deur die loop van die jaar voortdurend monitor wat hulle posisies is en wat hulle vordering is.

Lede Admin stelsel: https://secure.sahunters.co.za/

Skiet Toekennings

Baviaanspoort tak se skiet toekennings word uitgebrei na drie, naamlik:

  1. Skut van die jaar (Top 20)
  2. Beste Skut – Langer Bane (Goud, Silwer en Brons)
  3. Beste Skut – Korter Bane (Goud, Silwer en Brons)

Die kriteria vir die bepaling van rangordes vir bogenoemde:

Skut van die jaar:
2 tabelle (Bosveld en Springbok) met 5 tellings per tabel
                               En
4 van die ander 8 tabelle met 3 tellings per tabel.
(Rooibok sonder rus, Vlakvark, Swartwildebees, Jakkals, Groot kaliber, Haelgeweer: Fisant, Jaghandwapen en Senterslag)

Beste Skut – Langer Bane:
3 Tabelle (Springbok, Swartwildebees en Jakkals) met 3 tellings per tabel

Beste Skut - Korter Bane:
3 Tabelle (Bosveld, Rooibok sonder rus en Vlakvark) met 3 tellings per tabel

Op die Lede-admin stelsel word twee kompetisies gesien, naamlik SVJ Bosveld en SVJ ander 8. Hierdie twee tellings sal op die einde van die jaar gekombineer word vir die finale bepaling van skut van die jaar. Deur meer tabelle te laat tel word die veelsydigheid van die skut meer op die proef gestel en deur meer tellings per tabel te laat tel word deelname by die skietdae aangemoedig.

Kies van Skietspanne
Die kies van Skietspanne is die verantwoordelikheid van die Hoof Skietkoordineerder en die Tak Voorsitter. Die stelsel gee ook die nodige data om die kies van spanne te vergemaklik en ook deursigtig te maak. Die Hoof Skietkoordineerder kan egter geringe veranderinge aan die spanne aanbring soos omstandighede, soos ervaring, leierskap, beskikbaarheid en vorm, dit dikteer.
Prestasie op Bosveld en Vlakte tabelle asook vorige Streekskiet prestasie word as kriteria gebruik. Om te kwalifiseer vir een van die spanne vir die Nasionale Spanskiet moes ‘n skut aan ten minste drie normale takskiet aktiwiteite asook twee streekskiet kompetisies deelgeneem het.

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Takskiet vind elke derde Saterdag van die maand plaas op Generaal Piet Joubert skietbaan, Hammanskraal. Besoekers is baie welkom! Ons Read More
  • Ledevergaderings

    Lede-aande vind plaas om 19:00 op die 2de Woensdag van elke maand, te Inyathipark Lapa. (Sien kalender vir datums) Ons Read More
  • Opleiding

    Alle opleiding in die tak word deur die Opleidingsbeamptes aangebied, en datums en tye word op die jaarprogram aangedui. Vir Read More
  • Jagsake

    Die jagmeester hou 'n Jagregister by. Die registers is by die lede-aande beskikbaar en ons versoek dat u asseblief die Read More
  • 1

We have 78 guests and no members online